Quantcast
Channel: johnblackspear » afrikaans
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2

Apocrypha XLI

$
0
0

En hij zeide tot hem: Vriend! hoe zijt gij hier ingekomen, geen bruilofskleed aanhebbende?
– Mattheüs 22:12

Ek was ook op die bruilof te Kana,
onder die hangende tuine –
rangskikkings van proteas
en versilwerde lukwartblare –
tussen die pienk gepoeierde rose –
gekunstelde gesigte vol verwagting –
tussen die spierwit gestyseldes
ry op ry gedek
volgens belangrikheid –
tussen die bewoë woorde,
die sluk aan ‘n knop aan die keel,
want sy is my enigste dogter,
en hy lyk vir my so baie
na tant Koek se hoenderhaan –
tussen die waarskuwings oor die weë
van ‘n vader en ‘n seun,
van drink maar nog ‘n glasie
en ‘n mislike misplaaste grap –
tussen die clichès oor die Christus
wat vir almal as voorbeeld dien
en die oproerige geraas
van bottels wat begin leeg raak
en waarmee sal ‘n jongeling
sy pad suiwer hou –
tussen die hoor-hoors vir ‘n bruidegom
want hy’s ‘n lekker kêrel lekker
kêrel baie dankie vir my moeder
en ons sê almal so
met ‘n geskater skater skater
oor gisteraand se ramparty –
tussen die geblêr van saksofoon-soprane
en this is my lovely day
middeljarige getroudes wat weer die feeling kry
skuif-skuif stywe rug
al in die rondte
en oompies wat naarstigtelik begin te klou
en potsierlike spronge maak
tantes wat goedkeurend skud
en kyk vir Herklaas kyk vir Herklaas
want dis is mos bruilof
gooi die wyn gooi die wyn
en die spierwit reinheid
van ‘n bruidsgewaad wat sleep
oor ‘n bemorste vloer.

M.M. Walters, uit Apocrypha, 1969



Viewing all articles
Browse latest Browse all 2

Latest Images

Trending Articles





Latest Images